75 JAAR STERK
1950-2025
Hoekom Laerskool Florida?
Die doel van opvoeding en onderrig is om aan die leerling die geleentheid te bied om te leer van norms, waardes, kennis, insig en vaardighede.
Interaksie tussen ander te bewerkstellig en sosiale vaardighede saam met taal te ontwikkel.
Ons is ‘n trotse Afrikaanse skool wat ons waardes uitleef. Ons is ‘n skool wat elke kind se potensiaal ontgin want ons weet dat almal uniek is.
Ons missie
Druk hier vir ons missie:
Hoe gaan ons, ons drome bereik?
Klasse daar stel sodat elke leerder wel die geleentheid kan kry om leerstof maksimaal sy/haar eie te maak. Opvoeders te onderwerp aan opleiding in leerareas waarby hy/sy betrokke is. Deur met verryking en heronderrig elke leerder op sy eie vlak te identifiseer.
Voortdurend opleiding van afrigters daar te stel.
Klinieke vir alle sportsoorte by te woon.
Buite-afrigters te koöpteer.
Professionele afrigters te koöpteer.
Sportdae daar te stel en by te woon vir genotvolle massa-deelname.
Ons visie
Druk hier vir ons visie:
Waarna streef ons?
Om ‘n skool te skep waar respek, omgee, trots, verdraagsaamheid en eerlikheid aangeleer, toegepas en van persoon tot persoon aangesteek kan word.
Om 'n gesonde en gelukkige skoolmilieu daar te stel waarbinne opvoeders en leerders hulself ten volle kan uitleef. Om aan elke leerder die geleentheid te gee om sy/haar potensiaal ten volle te ontwikkel.
Om deur voortdurende aanvulling en verbetering van leerstof op hoogte te bly van ontwikkeling van akademiese werk, en sport- en kultuurgebied.
Kontak ons
- 48 9th Ave, Florida, Roodepoort, 1710
- 010 442-8999
- hoof@laerskoolflorida.co.za
- rekeninge@laerskoolflorida.co.za
- admin@laerskoolflorida.co.za